‘n Deel van hom

‘n Deel van hom

In die spieël kyk hy ontwetened terug na jou
Sekere van sy gelaatstrekke is in jou verewig
Klein maniertjies en sekere talente is in jou verskuil
Saam maak julle hom weer ‘n eenheid
Al voel jy dalk verwerp en verstote en al twyfel jy in jouself Mag jy nooit jou bestaan bestry of wegwens
Op die ou end is dit die Here wat jou in jou moeder se skoot geplaas het Hy het ‘n grooter plan vir jou in hierdie wêreld
Waarom die pad soveel kronkels in het sal ek nie weet
Maar dat jy op die Here moet vertrou vir jou toekoms is verseker Dat jy moet leer uit die foute van jou pa is ook ‘n feit
Wees julle nou net lief vir mekaar en bou op dit wat julle het Op die ou end maak die verlede nie meer saak
En tog is daar sekere dele van hom wat jou gevorm het
Jou Vader in die hemel het jou nog nooit verlaat
Hy het jou beskerm en gedra
Wees jy die unieke persoon wat die Here jou gemaak het
Wees jy jouself want daar is iemand wat jou lief het soos jy is Doen die dinge wat op jou pad geplaas word
Bid vir die Here sodat Hy jou sal krag gee om die wêreld in die oë te kyk Bid vir die Here sodat jy kan vergifnes gee vir die wat nie van beter geweet het nie
Bid vir die Here dat Hy jou Sy pad bekend sal maak
Ek bid vir jou sodat Hy jou deur Sy Gees sal aanraak
Ek bid vir jou sodat Hy jou seer sal gesond maak
Ek bid vir jou sodat jou letsels jou hart sal bymekaar hou
Ek bid vir jou sodat jy nie meer soos ‘n boom sonder blare in die winter sal staan nie
Ek bid vir jou sodat die koue wind nie meer jou gedagtes soos droeë blare sal rondwaai
Heer, neem hierdie mense aan die hand en lei hulle verder
Heer, wys vir hulle dat U nog altyd daar was
Wys vir hulle hoe die legkaart in mekaar pas
Laat hulle besef hulle was nie ‘n fout en hulle is nie ‘n mislukking

Posted in Gedigte.

One Comment

  1. Hi Amanda,
    Terugvoering
    Ek is seker ek is nie die enigste persoon met so ‘n agtergrond nie, ek is dankbaar vir hierdie gedig want beter sou ek dit nie kon stel. Ja wel, die trane loop oor my wange maar God het beter planne en Sy tydsberekening was presies om my Boeta op te spoor toe ek moes. Dit wat nou vorentoe vir my beplan is deur ons Vader, is wat geskryf is in Sy boeke. Ek is net so bly om die res van my broers ook te sien al is dit een vir een. Wat 38 jaar gelede gebeur het kan ek nie verander maar die toekoms kan verander word.

    Vivian Barry

Leave a Reply