‘n Christusfees

Opgewonde kinderstemme weerklink in die winkels.
Ongeduldige mense stamp teen mekaar in die rakke.
Ander staan maar eenkant rond en wonder wat om te koop.
Vir sommige mense is dit ‘n tyd om te beindruk.
Ander gebruik hul ekstra geldjies om gate toe te stop.
‘n Tyd wat ons eintlik moet stil word.
Net weereens besef dat hierdie fees juis nie oor geld is.
Dis juis ‘n tyd om te besin en te besef waaroor alles gaan.
God het ons ‘n gekenk uit die hemele gestuur.
Hy’t vir ons die Verlosser gestuur.
‘n Bemiddelaar om ons nader na Hom te bring.
Jesus is gebore om tussen ons te wees en ons te kom leer.
Sy voorbeeld dien vir ons om die Here as ons Vader te sien.
Sodra ons weer God kan nader soos ‘n kind sy pa benader.
Sodat ons weer heeltemal afhanklik kan word van Sy guns.
Wat ‘n voorreg as ons weer kan vra wat ons nodig het.
Wat ‘n voorreg om te besef weelde kan ons nie geluk bring.
Wat ‘n voorreg om te besef dat liefde van binne kom.
Heer, dankie vir die voorreg om U liefde te mag vier.
Dankie vir die voorreg om te mag weet dat U die Lewende God is. Dankie dat U tot ons neerdaal.
Heer, U ke die hartseer van die wie se geliefdes nie by hul is. Heer, ek bid U guns en aanraking oor elke siel in die wêreld.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply