My sielsverlange

My siel smag daarna om vry te wees.
Vry te wees om jou enige tyd van die wonderdade om jou te vertel. Vry te wees om jou, sonder byboedelings te kan sê “Ek’s lief vir jou” Ai my siel smag daarna om jou styf teen my vas te druk.
My hand wil sag oor jou wang streel.
Die traanstreep vervang met lagtrane.
Ek wil vry wees om saam jou te lag oor die dom ding wat jy aangevang het. Liewe mens, ek wil jou hand kan vat en saam jou stap.
Soms net in stilte.
Net om daar te wees.
Dalk vir jou die wonders van ons Vader vir jou uit te wys.
Dalk om net te luister as jy jou hart uit praat.
Sal jy ooit weet net hoe kosbaar jy vir die Vader is ?
Sal jy ooit besef hoe maklik dit is om te bid ?
Liewe, liewe mensie, sal jy eendag besef dat jy al probleme met die Here kan deel ? Ek wonder of jy al besef hoeveel mense het jou nodig.
Iemand wag om te hoor jy sê jy’s lief vir hom.
Iemand wonder hoe lank sy nog moet wag om jou stem te hoor. My siel smag daarna om die blydskap in jou oë te sien.
My siel smag na vryheid.
Vryheid van jaloesie, haat, bitterheid.
Voel jy ook so ?
Kom ons bid vir mekaar.
Heer, dankie dat U altyd met ons praat in taal wat ons verstaan.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply