My siel juig

My siel borrel oor van dankbaarheid en blydskap.
Woorde volg die lugballonne op teen die trap.
Die vreugdes trane op my wang verdamp in U helder lig.
My asem raak weg, U wonderdade laat my sug.
‘N loflied wil ek tot U sing, my Koning.
Aanvaar my skuldoffer wat ek U bring.
U liefde is ek nie waardig.
U aanraking kan my verwoes.
Maar U is my genadig.
U gee my ‘n waardevolle oes.
My siel versag die harde kors wat my van U genade weerhou.
U liefde lĂȘ die hoekstene waarop ek my toekoms bou.
Onverwags trek U my uit ‘n donker put.
Skielik het my lewe weer sin en nut.
My siel juig en bring woorde van onskatbare waarde.
U het my nodig hier op aarde.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply