My opoffering

Stil is die nag om My.
Almal slaap rustig, onbewus van My liefde.
Wetende wat vir My wag het Ek steeds Myself vir jou kom gee. Smekend dat die beker tog moet verby.
Maar vir jou het Ek dit gedoen.
Vir jou het Ek die spot verduur.
Vir jou het Ek die vernedering verduur.
Die pad was swaar om te loop.
Die onkunde van die mense wat My vloek en uitlag.
“As jy die God van Abraham is, waarom red jy nie jouself ?”
“As jy dan die Jesus is wat wonderwerke doen, waarom kry jy nou so swaar ?” Die sondaars het My gekies om te kruisig bo ‘n moordenaar.
Dit was deel van God se plan.
My Vader het, deur My, mens geword.
Glo in My en jy sal gered word.
My leiding verlos jou van pyn.
My vernedering hef jou op.
My verlatenheid bring samesyn vir jou. “My God. My God. Waarom het U My verlaat ?”. Woorde om te wys dat God mens geword het.
Vir jou het Ek dit gedoen.
My liefde vir jou sal nooit verminder.

Amanda Boucher
0837928163
www.waterstrome.co.za

Posted in Gedigte.

Leave a Reply