My lieflingskind

Wees tog nie so opstanding My kind,
Ek weet die dinge wat jou aanraak. Lank reeds is Ek besig om jou dag te beplan. Lig jou kop en loop met trots,
geen ander sal in jou spore kan volg. Wees nie bevrees oor dit wat jy voorheen gedoen het, Ek was ook daar, jy’t gedoen wat jy kon.
Die verlede is verby, vergewe jouself. Die toekoms moet jy nie oor bekommer, Met ‘n onsigbare pen het Ek dit reeds aangeteken.
Jou besluite is lank reeds gemaak,
wees dus kalm en geniet elke oomblik saam met jou vriende.
Elke ander mens se lewe het Ek ook uitgewerk.
Ontvang hulle dus met vreugde op jou pad.
Luister na My roepstem op die wind.
Wees nie bevrees My geliefde kind,
want Ek is met jou.
Haal diep asem, kyk op, staan vas in jou geloof.
Bid vir jou geliefdes, bid vir elkeen op jou pad.
Jy is Myne en Ek is jou Vader.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply