My liefding

Jou sagte stem tel my op tot vêr bo my eie vermoeë
jy lei my, onverwags, tot aan die punt van duisend reënboë
tussen hier en daar laat jy my staan
net amper tot waar ek als kan verstaan
my liggaam, verstyf van die gisters se weerhou,
spiraal op en af, afwagtend vir nog ‘n vuishou
Tussen die vallende blare wat ritsel op maat van ‘n onbekende song, probeer ek jou proe op my tong.
tussen die skadu van die wolklose nag
staan ek verlate in my eensaam’ smag
weggedraade figuur wat ek stilswyend volg
dis maar net jy
in jou voetspoor verbeel ek jy’s my held
ek loop swaaiend en draaiend oor jou mynveld
en wanneer jy stop loop ek ingedagte teen jou vas
en wens ek was toegevou in jou kamerjas
My gedagtes loop draaie in die nag
iets in my siel wens dat jy iewers vir my wag
Maar jy, my liefding, jy is vêr van my planeet
onbewus van hoe ek jou daagliks meet.
Dalk, wie wet, eendag sal jy my tog wakker skud
Smagtend, afwagtend.
Wie weet, my liefding.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply