My liefde vir jou

Staan in die reën en voel My trane oor jou wang.
Raak rustig en voel nie meer bang.
Niks of niemand sal jou uit My greep kan ruk.
Ek weet soms swig jy onder die druk.
Ek weet soms lyk dit asof Ek jou verlaat het.
Maar jy is My Koningskind.
Jy is die uitkoms op baie ander mense se vrae.
Hou vas aan dit wat jy by My geleer het.
Maak nie saak wat ander mense jou vertel,
staan by dit wat jy weet is reg.
Kyk om jou rond en help wie jou hulp benodig.
Almal het hul eie kommer en hartseer.
Maar Ek het jou uitgekies om ‘n hand te verleen.
Raak stil in jou hart en luister na My stem.
Vertrou op dit wat Ek jou gee om te doen.
Voor jy jou oë kan uitvee, het Ek reeds iemand vir jou gestuur. Kyk na binne en sien die seëninge wat Ek vir jou gee.
Jy is Myne want Ek het jou op jou naam geroep.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply