My laaste plekkie.

Begrawe my nie in die grond maar maak my laaste rustplekkie in ‘n gedenkmuur. Hier sal ek veilig voel. En ek kan luister na die kinderkoor, uur na uur. Onder die skadu van ‘n ou eikeboom, waar mense heeldag sit en droom. My siel gaan ongeskonde na sy laaste rustplek, tot wanneer die laaste oordeel kom. Bêre my na gedagtes veilig in jou hart. Glimlag oor die mooi dinge wat jy van my onthou. Vergeet van die kere wat jy dink jy my laat huil het. Onthou die son se gloed wat altyd deur my hare geskyn het. Onthou die grappies wat ons kon deel. Onthou die nice plekkies waarheen ons altyd kon gaan. Doen die dinge wat ons nog saam sou doen. Praat steeds met my want jou woorde bereik my op die wind. My arms wil ek om jou gooi om jou te troos. My lippe wil ek graag weer op jou wang druk. Maar nou sit ek maar net hier langs jou en luister na jou snik. My liefde sal steeds by jou bly.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply