My koms

My kind, raak stil in hierdie uur en hierdie dag.
Ontvang My se├źninge in dankbaarheid.
Vertrou op My tydsberekening My oordeel.
Ek is jou bewaarder.
Jou vertroueling.
Jou God en Vader.
Nog lank voor jy ‘n vonkeling was het Ek jou reeds lief gehad. Soms is jou pad vol dorings en die opdraande steil. My kind dis wanneer jy My moet vertrou.
Soms word geliefdes van jou ontneem.
My kind, dis die pad wat Ek vir hulle bestem het.
Ek weet jy verstaan nie altyd nie.
Ek weet jy raak soms opstandig in My besluite.
Ek weet van jou bitterheid My kind.
Laat dit vaar.
Aanvaar die omstandighede.
Maak vrede My kind.
My planne in jou lewe is soms vir ‘n ander in nood.
Raak rustig My kind.
Soek My.
Voel My.
Roep My.
Loof en prys My.
Aanbid My.
Ek is jou God.
Die Alpha en die Omega.
Die Een wat was, wat is en wat wat vir ewig sal wees.
En jy.
Jy’s My lieflingskind.
Ek het jou op die naam geroep.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply