My hart se punt

Die sonstrale verwarm my liggaam, en ek droom; oor jou. Jou glimlag laat my bene wankel, want ek wil in jou arms lĂȘ. Ek wil my kop op jou skouer laat rus, daar waar ek veilig voel. Jy ken elke kreukel in my lyf, jy verstaan my emosie, my gebare taal. Niemand anders ken my soos jy my ken, geen mens het my lief soos jy my lief het. Jy is my hart se punt, en niemand meer sal daar kan in pas. In spore loop langs mekaar. Soms dra jy my, soms dra ek jou. Ons lag weerklink die laatnag in. Ons trane val in dieselfde beker. Ons hou mekaar se danspassies dop. Beland saam in die sop. My sielsgenoot. My maat. My vertroueling. Jy, my lekker ding. Jy is my hart se punt. Ek het nog so baie om van jou leer. Dankie Heer, vir so ‘n wonderlike man om te eer. Ek het jou lief bo die lewe self. Sonder jou sal ek verwelk.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply