My hart jeubel

My hart jeubel en juig
Jesus het waarlik opgestaan
van Sy liefde wil ek getuig
waar ek ook al op my lewenspad gaan.
Dankie Jesus vir U liefde teenoor my.
Dankie Jesus vir alles rondom my.
‘n Dankbare hart maak die donkerte weer lig.
En gee duisende woorde waarmee ek kan dig.
Heer, U alleen kan weer die mensdom red.
Heer, U alleen kan weer die mensdom laat lag.
Tussen al die seer en swaarkry is U in ons midde.
Heer, help ons op U vertrou.
Heer, sonder U sal elke dag soos die hel wees.
Dankie dat U ons bystaan in die gees.
Maak ons harte dankbaar vir alles wat U ons gee.
En laat ons nie mymer oor dit wat ons nie het.
Heer, verander ons gesindheid teenoor mekaar.
Want in U oe is ons almal geskape na U beeld.

Amanda Boucher

Posted in Gedigte.

Leave a Reply