My hande in gebed

Met hande, wat jou wil omhels, na bo gehou staan ek op my knieĆ«, want my hande kan nie jou gevegte veg nie, my hande kan nie die pyn keer wat soms so baie op jou pad kom nie. Ek kan darem vir jou ‘n soentjie waai Vir ‘n oomblik, dalk, jou bewende hand in myne hou Maar vir seker kan ek my hande in gebed vir jou saam vou. Of hulle na bo hou om God te loof en prys vir sy wonderwerke. Ek wil graag vir jou ‘n gedig skryf vandag: met woorde wat jou sal aanraak met sinne wat tot diep in jou siel vasklou. Soms lyk jou situasie net te onmoontlik, neem dan Sy hand dat Hy jou kan uit help. Mag jy nog ‘n rede vind om te glimlag vandag. Mag jy berusting vind in dit wat jou so ontstel. Mag jy vandag net sterker word en weet jy’s nie alleen. Al het ek net twee hande wil ek jou so graag styf teen my vasdruk, totdat jou hartklop rustig saam met myne kan klop. Haal diep asem en raak rustig. More sal alles weer beter lyk.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply