My genade

My genade is vir die hele mensdom
Ek sien die verwoesting wat My geliefdes omring
haat teenoor die mensekind
haat teenoor die wat vir hulle bid
vrees oor wat die toekoms inhou
vrees vir dit wat van hul weg gevat kan word
My geliefde mensekind, wees tog nie bevrees
Bid vir jou geliefdes in geloof
bid vir jou vyand in hoop
bid vir jouself vir krag
Die tyd wanneer Ek sal kom is onbekend
die tyd wat Ek jou sal kom haal is nie vir jou nodig om te weet Leef dus in gebed en geniet die mooi wat Ek jou gee
Jou doel is om My te loof en prys
jou gebede is gemaak om jou vrese te oorwin
Leef dus met die wete dat jy vry gekoop is met My bloed
Jy mag nooit toelaat dat jou geloof in My gesteel of vernietig word nie Gese├źnd is jy, My geliefde, want Ek is jou God.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply