My genade

Op die ritme van die wind se wysie blaas Ek My genade oor jou: krag sal Ek jou gee vir elke tree op jou pad
My liefde sal Ek onder jou voete sit sodat jy op die wolke kan sweef jou verhaal se donker grys sal Ek inkleur met helder oranje Kyk op My geliefde kind, en onthou dat Ek jou Hemelse Vader is vee die trane uit jou oë en sien die mooi wat Ek jou wil wys Kom staan hier naby My, Ek sal My seëninge oor jou uitstort. Op My tyd sal Ek die regte mense op jou pad stuur;
staan sterk in jou geloof
drink van My stroompie genade
kom was jou voete in My plaasdam
steur jou nie aan skinderstories
wag geduldig op My antwoord.
Jy is My geliefde kind wat Ek geskape het om aan ander My wonderwerke te vertoon, Jy is My spogkunswerk,
staan hier naby My en weet dat Ek jou baie lief het.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply