My gedagtes

Heer, my gedagtes dwaal so deur die voetpad van my lewe.
Ek sien die weer die padjies wat half toe gegroei is.
Dis waar ou vriende van my bly. Die mense wat my lewe help bou het. Maar my gedagtes het lanklaas by hulle ingegaan.
Sommiges se name kan ek nie eens meer onthou.
Dan sien ek die voetpadjies wat al amper deur getrap is.
Hier ken ek elke soort blommetjie.
Dis my mense met wie ek gereeld kontak het.
Elkeen van hulle ken ‘n besondere deel van my.
Heer, my gebed is vir elke mens wat iewers my lewe aangeraak het. Ongeag of ek kontak gehou het of nie.
Heer, ook die nuwe mense wat nog op my pad gaan kom.
Seën elkeen van hulle met U ingryping.
Amen
©Amanda Boucher

Posted in Gedigte.

Leave a Reply