My gebed

Soos die son sy glimlagstrale agter die berg in sak,
dwaal my gedagtes terug na jou.
Die helder kleure wat hul oortrek met grys,
laat my onthou van jou seer en pyn.
Die wolke van neerslagtigheid, bring jou trane wat sag om jou val.
Met elke asemtuig in my liggaam probeer ek die wolke weer wegblaas. Ek wil vir jou dom grappies vertel wat aan jou mondhoeke kom pluk.
Ek wil vir jou ‘n skewe gesig trek, net sodat jou neusie op ‘n plooi kan trek. Ag wat sou ek gee om jou te kan kielie tot jy lam is van die lag. Maar kyk, die son sal weer opkom, soos hy altyd doen.
Die dowwe reĆ«nboog het ‘n goudpot aan die einde:
gee jou hand en stap saam met my,
ons tweetjies sal al laggende loop tot daar.
Voel my aanraking in die aand windjie wat deur jou hare speel. Ek weet my woorde kan nie veel vir jou doen nie,
maar ek sal maar altyd hier in die nanag vir jou bid.
My glimlag sal maar altyd ‘n teken wees dat ek aan jou dink.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply