My gebed vir jou

In die blaaie van die net het ek jou invite
salig onbewus van alles wat jy nie het.
Dis die dinge wat deel vorm van my gebed vir jou.
God se liefde om jou elke dag toe te vou.
God se genade om elke tree saam meg jou te stap.
God se hand om oor elke rand jou hand te vat.
My gebed vir jou sluit nie geld in,
maar wel die soort rykdom wat ‘n miljoener bemin.
My gebed vir jou gaan nie oor ‘n mooi ryding,
maar wel ‘n vervoer middel wat jou tot by God bring.
My gebed vir jou sluit in iemand om lief te he.
‘n Geleentheid om vir God dankie te se.
My gebed vir jou: mag vreugde en vrede jou omring.
Dis maar ‘n paar van die dinge wat ek vir jou wil bring.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply