My gebed vir jou

My gebed vir jou is eenvoudig.
Ek bid vir wysheid wanneer jy voor ‘n probleem staan.
Rustigheid en kalmte wanneer dit rof gaan om jou.
Die vermoeë om te kan lag elke dag.
Ek bid vir innerlike krag.
Dat jy jou gawes mag erken en uitleef. Ek bid vir ‘n ondersteunings netwerk wat jou kan bystaan en verstaan indien nodig. Ek bid vir goedheid en guns uit God se hand.
Ek bid dat die Here jou sal seën in elke besluit.
Raak nou rustig en weet dat die Here jou sal bystaan.
Raak rustig en geniet die mooi wat op jou pad kom.
Amen.

Posted in Gedigte.

One Comment

  1. Wow en Wow Amanda, dis Goddelik en ontsettend Kosbaar. Dankie vir jou opofferinge en volgehoue werk. Tonne Blessings vir jou en Neels. Jesus Groete. Jan.

Leave a Reply