My denke oor jou

My denke oor jou.

Soms voel mens ‘n briesie oor jou lyf streel.
Wanneer dit baie warm is en die aanraking van die briesie jou net genoeg afkoel. Dis jy.
Soms stap mens deur ‘n digte woud.
Die nag is donker en die aanwind koud.
Dan kom daar iemand met verby en glimlag vriendelik
Gee jou ‘n dik kombers om jou toe te vou en weer te verwarm
Dis jy
Soms vir ‘n oomblik kyk mens op in die donker nag
En ‘n helder ster verskyn
Vir ‘n oomblik staan mens verstom
En baie vining sien jy dit weer verdwyn
Dis jy
Woorde val soms in my gedagtes
Woorde wat my vul met ‘n warm gevoel
Woorde wat my lat glimlag sonder rede
Woorde wat niemand sal verstaan
Dis jy
Ek’s dankbaar vir die afdruk wat jy in my gemoed kom maak het Ek’s dankbaar vir die sekonde in my lewe wat ek langs jou kon staan Ek’s dankbaar vir die paar woorde wat ek jou stem kon hoor
Ek’s dankbaar dit was jy.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply