My belofte

Ek onthou My belofte aan jou.
Ek verstaan die rede waarom jy soms twyfel.
Ek verstaan die seer in jou hart.
My belofte aan jou sal staande bly.
Jou las is soms meer as wat jy dink jy kan dra.
Soos die son elke dag opkom, is my genade om jou gevou.
Soos die mis oor die berge trek, trek Ek ‘n engeleskaar om jou. Aan die Kruis het Ek Myself vir jou gegee.
Nou kan jy direk met My gesels.
Hardop jou trane voor My stort.
Ek is binne jou deur die Heilige Gees.
So is jy nooit weer alleen.
Jou trane is die riviere wat die see voed.
Jou smeekgebede vang Ek op en noem dit voƫlgesang.
Die lofprysing aan My stuur Ek saam die wind en raak ‘n ander hartseer stil. My belofte aan jou is om jou nooit alleen te los.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply