My aanraking

Wanneer jy dit die minste verwag
sal Ek My hand na jou uitreik
verstom sal jy staan oor die metode wat Ek gebruik
dalk sal jy dink dis jou eie werke:
maar deur jou gedagtes praag Ek met jou.
Op wyses, buite jou denke, gebruik Ek jou
Meeste van die tyd besef jy nie eens dat Ek jou gebruik
Plaas ‘n wag voor jou mond:
wat jy spreek mag dalk waar kom
Plaas ‘n wag oor jou denke:
jy mag dalk so word
Kyk uit vir My genade om elke draai
Ek is altyd by jou
om jou
in jou
My werke is nie vir jou om te verstaan; jou geloof in My is wat jou sal red vertel ander van jou se├źninge,
want hul onkunde maak hul blind
deel My liefde met hulle,
want hul haat het hul harte verhard
Bid met geloof
kyk in afwagtig
neem wat Ek jou gee
Die lewe is onregverdig
Die mensekind is jaloers op jou
Maar Ek, My geliefde kind, het jou onmenslik lief
Jy is Myne, want Ek het jou op jou naam geroep
Raak nou rustig, en wees nie bevrees nie.

Posted in Gedigte.

2 Comments

Leave a Reply