Musiek, 

My lyf voel die pols van die musiek deur my are.

Sonder om te dink beweeg ek in opdrag van iets binne my.

Woorde vorm in my gedagtes en kry gestalte in my bewegings.

In my siel voel ek die aanraking van die lied,

met sagte hande wat my ken oplig.

Soos sy musieknote teen my middellyf afsak,

kan ek nie anders as om my heupe ritmies te swaai.

My bene is so opgewonde oor al die opwinding,

gedryf oor die vloer op hul eie ritme.

Dalk wil hulle na die stilte gaan,

maar dan dra hulle my weer gou terug, 

in die afwagtende arms van die musiek. 

My hele wese word ontvoer na ‘n vreemde wêreld,

Daar is nie lig nodig nie want die musiek

maak dit lig binne my.

Hier praat niemand nie want die note het hul eie taal.

Niemand oordeel my hier, want dis net ek en die musiek,

verstrengel tot ‘n eenheid.

Sonder woorde.

Net ritmies in ‘n dans wat tot my spreek.

Deur my spreek.

Namens my spreek.

Wanneer die musiek sy laaste noot gee,

werp my liggaam haarself op die vloer.

Soos ‘n marionet is sy leweloos sonder die musiek.

Soos ‘n lugballon het sy geen rigting, 

as die wind van die musiek haar nie optel nie.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply