Mure

Baie welkom aan Janice. Hoop julle geniet haar gedigte en ondersteun haar ook. Mure – JP

Soos die seer van my lewe
Dag na dag, spykers slaan,
Sement gooi, stene hael.
Bou ek mure,
steen vir steen, rondom my.
Beskerming vir die lewens storms.

Soos die mure harder raak,
dikker raak, hoer raak,
So raak U stem al sagter,
Minder hoorbaar Vader.
My gebede druk vas teen my eie mure van seer en alleen.

Bring U pik van liefde Vader,
Bring U hammer van genade.
Breek af die mure, die stene,
Smelt die sement met U bloed
Van vergifnis, vrede, liefde.
Maak oop my geestes oog.
My geestes oor, sodat ek U stem sal hoor.
My gebede sal seevier,
My hart sal juig, my tong getuig.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply