Mistigheid

Die grys berg voor my is vir ander vol groen bome.
Die reviere wat hulle daar sien blink is my trane.
Die mos op die bosvloer is omdat daar geen son skyn.
Dis koud.
Dis mistig.
Geen toekoms om na uit te sien.
Jou omdraai en weg stap het ‘n orkaan veroorsaak.
Jou stilte het alle ander klank verdoof.
Geen voëlgesang.
Geen rustige kabbeling.
Geen vlinders wat ek kan volg.
Net mistigheid en koue.
Geen kleur om my siel te voet.
Die bosvloer waarop ek sit is koud.
Die harde bas van die ou eikeboom waarin ons voorletters gekerf is, is grof. My skouers is krom van hier sit en wag.
My bene pyn van die lank in mekaar sit.
My gedagtes is deur mekaar.
Jou gestalte verbeel ek langs my.
Jou stem kraak deur die droeë blare.
Jou voetval weerklink in die spattende reëndruppels.
Maar jou lag.
Jou lag kan ek nie vind in hierdie doodse stilte.
Jou aanraking.
Jou aanraking kan ek nie voel teen my verkluimde liggaam.
Jou trooswoorde is my manna in hierdie hongersnood.
Sal jy my kom soek ?
Sal jy uit die lug hierdie oopkol kan kry ?
Hier waar die rivier van trane gemaak is.
Hier waar ek wegkruip onder die ou akkerboom ?

Posted in Gedigte.

Leave a Reply