Min trooswoorde

Heer, weereens staan ek vandag voor U.
My skouers krom.
My woorde klink dom.
Ek het geen trooswoorde vir hulle.
Niks wat ek sĂȘ kan kleine Jordan terug bring.
Nooit sal sy geliefdes weet hoe mooi hy sou kon sing.
Heer, my stem is stil.
Ons weet dit was U wil.
Omvou sy geliefdes in U genade.
Heer, daardie wond sal dalk nooit genees.
Die wonder en die vra sal altyd daar wees.
So klein en onskuldig was hy ?
Mens wonder waarom hy so moes lei ?
Geen opgewonde dag was vir hom bestem.
Net pype, hospitaalbed en meslem.
Heer, net U kan vertroosting.
My woorde is sinneloos.
My aanraking is koud.
Alleen is sy geliefdes in ‘n donker woud.
Heer, bring geneesing vir hul oopgeskeurde wonde.
Bring aanvaarding en berusting. Maar meer nog Heer:
Hou hulle bymekaar.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply