Meisie op die rotswand

Meisie op die rotswand
Regrein
Vers 1
My hande gly oor haar rondings. Die sysagte vel onder my vingers. Borrellende weerklink haar lag. Ek onthou die glimlag om haar sagte mond. Die wete dat sy myne is. Die voëlgesang in die bosse. Haar koperbruin vel wat my uitnooi vir ‘n dans. Ek onthou die vêraf kyk. Die erkenning vir dit wat ek ook voel. Ek onthou haar menswees in my siel. Die warmte van haar soen. Die meisie op die rotswand.

Die waterval se verfrissende druppels, al tergend teen haar lyf af. My eie gevoelens kloppend oor my lyf. Ek wonder of sy weet hoe ek haar nou begeer. My hande al soekend oor haar sysagte vel. Die meisie op die rotswand, so naby aan my.

Refrein
Ek onthou die koperbruin van haar sysagte vel. Die skatterlag wat teen die rotse weergalm. Ek onthou die waterdruppel op haar wipneusie. Die silver glans wat die water en die son om haar bou. Ek onthou die meisie op die rotswand.

Geluk was my beskore daardie dag. Gevind uit die hand van my meisie op die rotswand. Lang hare wat haar oë verskuil. Die waarheid wat haar siel weerhou. Die blink in haar oë. Die druppels wat alwetend afrol. Tergend. Uitdagend. Die meisie op die rotswand wat my betower. Algeheel verlore in haar towermag.

Refrein.

Tevrede oor die spel klaar gespeel. Die lag uitbundig en vry. Gelate weggevoer in ‘n wêreld sonder pyn. Net die rotse. Die water. Die meisie op die rotswand.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply