Maak nie saak

Geen verskil ongeag wat ek doen
ek onthou altyd steeds daai soen
Jou vingers deur my hare het selfs my siel deur mekaar gekrap Jou stem ego steeds in die gange van my verlatenheid
hier, onder die voet van jou kolosse onthou,
sit ek alleen
Niks wat ek doen kan jou uit my geheue weg dryf
in teeldeel,
‘n Spesiale lied laat my onthou hoekom jy dit vir gespeel het ‘n Naam soos joune laat my glimlag
elke kar waarin jy kon sit laat my verlangend agterna staar
Jy
Jou gedagtenis spoel saam die re├źn oor my wange
die modderspore maak vlekke op die wit van my siel
Jy is in my optrede vasgesluit
ek gebruik woorde soos jy doen
ek verstaan liedere soos jy doen
Ek wonder of verlang soos ek ?
Ek probeer jou uit my wese wegskeur, maar dis net jou glimlag wat weer daardie gat kan vul Jy
Die wolke oor my laat my onthou dat jou gebede my sal beskerm En ek sal nooit ophou bid vir jou.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply