Luister

Luister na die rustige kabbel van die stroompie,
hoor My woorde wat teen die klippe opspat:
genadig is Ek teenoor die wat My aanroep.
Net soos die forel teen die stroom moet op swem,
net so, My geliefde kind, is jou pad ook soms moeilik.
Al lyk dit asof die donderweer en blitse jou hemel oopskeur, al voel dit soms asof die wind jou ompluk in ‘n ander rigtig; wees net kalm My geliefde kind, want Ek is onder jou.
My liefde vir kan nie gemeet word nie,
jy sal nie verstaan dat Ek jou in alles vergewe nie,
die besluite wat ander mense neem bepaal die gebeure om jou.
Nooit is jou besluite heeltemal in jou eie hande, want Ek plaas verskeie mense op jou pad. Vertrou op die weg waarheen Ek jou lei.
Staan vas op jou beginsels.
Wees geduldig met die mense om jou.
Glimlag want ‘n ander se dag was nie so maklik. Weet dat Ek by jou is al die dae van jou lewe. Ek los jou hand sodat Ek jou kan dra.
Raak nou rustig en weet Ek is jou God en Vader.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply