Luister na My

Bewus van die pyn en smart op aarde kyk Ek af oor julle. Met selfsug en haat dryf My geliefde kinders al verder van My. Jul oë is blind teen die seëninge wat Ek julle gee. Die stryd was nog nooit teen die vlees maar net in die gees. Jul sielle is waarna Ek kyk. Maar die duiwel kom draai in jul gedagtes. Hy maak julle deurmekaar. Saai onmin tussen geliefdes. Dryf kinders en ouers uitmekaar. Ek sien hoe jy rond tas in die donker, onbewus dat hulp naby is. Ek sien hoe jy jou kop stamp weer en weer. Ek sien jou skuld gevoelens. Ek wag dat jy verstaan hoe lief Ek jou het. Ek wag dat jy kalm raak en besef dat Ek jou kan help. Haal diep asem en luister na My stem.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply