luister na My stem

Luister na my stem

Ek het jou geroep op jou naam, jy is Myne, vir altyd
Ek wil die regte pad vir jou wys, net genoeg vir jou gee om af te byt Ek wil jou pad besaai met raad en goeie tyding
Ek wil ‘n lied in jou hart plaas om te sing
Ek wil die rooitapyt van geluk vir jou uitrol
Ek wil die wind wees wat jou seile laat bol
Ek wil die eerste een wees vir wie jy om hulp kom vra
Ek wil die een wees wat al jou laste dra
Ek wil die een wees wat al jou geheime bewaar
Ek wil die een wees wat jou van al die seer spaar
Luister na My stem want wat Ek sê is om jou te beskerm
Luister na My roepstem en Ek sal luister na jou kerm
Luister na My stem en jou hart sal stil word
Luister na My stem en jy sal die dreuning van Engele hoor
Luister na My stem en jy sal jou vyande se bose planne deurboor Vertrou op My en Ek sal jou die pad wys
Vertrou op My en Ek sal jou op My hande dra
Vertrou op My want Ek is die Waarheid waar die twyfels jou pad kruis Vertrou op My en Ek sal jou geliefdes dra
Vertrou op My en Ek sal jou gee vir die dag
Vertrou op My en Ek sal jou trane afvee
Vertrou op My want Ek is baie lief vir jou

Posted in Gedigte.

Leave a Reply