Luister na My stem

Raak rustig in hierdie woelige gejaag waarin jy lewe.
Leer om My te vra waarna jy smag.
Leer om My te soek in jou daaglikse lewe.
Luister na My stem.
Soms is dit ‘n sagte fluister, soos die wind wat deur die blare ritsel. Soms klink dit soos die water wat oor die eeu-oue rotse kabbel. Soms sal jy dink My stem klink soos die donderweer.
Maar eintlik is My stem soos ‘n gedagte.
‘N oomblik waarin jy twyfel of jy die regte ding doen.
My stem is ‘n waarskuwing wat jou vriend soms ‘n vreemdeling jou gee. Leer om onderskeid te maak tussen wat jy wil en wat jy moet. Luister na My stem wanneer Ek jou ‘n opdrag gee.
Luister na My wanneer ek jou woorde gee vir ‘n vreemdeling. Luister na My stem wanneer ek jou naam roep in die nag. Bid vir jou geliefdes wanneer Ek jou die woorde gee.
Skryf die gedig wanneer Ek jou die woorde gee.
Sing voluit wanneer Ek jou die wysie gee.
Maar wees versigtig om nie ‘n leuen te gee.
Wees versigtig met jou woordkeuses.
Vra My raad.
Vertel My jou seer.
Loof en prys My naam.
Luister na My stem.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply