Luister

Wanneer die reënboog se helder kleure verdof,
en druppels in die grondpad ontplof.
Wanneer die las van die dag te swaar word,
en die leemtes in jou siel te groot word.
Wanneer almal se gebabbel jou doof maak,
en jy voel of jy wil versmoor aan jou eie hartseer.
Wanneer die donkerte om jou, jou blind maak,
en wanneer jy net bewus is van die 6 voet muur om jou.
Raak dan stil vir ‘n oomblik en luister.
Luister verby die stilte wat so oorverdowend klop.
Luister verby die raadgewers wat jou niks vertel.
Luister met nuut ingestelde sielsore.
Die Here het ‘n boodskap vir jou.
Wanneer die lang vingers van eensaamheid aan jou ruite tik.
Wanneer die tolbos in jou woestyn al is wat jou wonde oop krap.
Wanneer die donkermaan se koue vingers teen jou ruggraat af tuimel.
Stel jou geestes gevoel oor in,
want Jesus hou jou styf teen Hom.
Wanneer vrees die enigste rede is wat jou hart laat klop.
Wanneer bekommernis jou enigste vriend geword het.
Wanneer haat soos vuur oor jou lippe loop.
Dink dan aan Jesus se woorde aan die kruis:
“Voorwaar Ek sê vir jou vandag sal jy saam met My die poorte van die Hemel ingaan”
Wie is ons as mens dan om te oordeel?
Vergeet nie jou doel op aarde.
Vergeet nie die mense wat vir jou bid.
Vergeet nie om dankbaar te wees.
Wees dan geseënd en gaan in vrede verder van hier.

@Amanda Boucher 24/08/2017

Posted in Gedigte.

Leave a Reply