Loflied

LOFLIED

Ek luister na die vrolike gefluit van die voëls in die vroeë oggenduur En ek weet verseker dat my Here leef
Ek kyk na die blou lug en die wolke wat so vrylik sweef
En ek weet dat my Heer my sal help om hierdie dag te verduur Ek voel my geliefde se beweging hier langs my in die tuin
En ek weet saam met hom is alles reg en bid vir sy pyn
Ek lees uit die Woord van die Heer dat Hy my lief het soos sy eie kind En ek weet my probleme verdwyn soos blare in die wind
Ek sien al my vriende en geliefdes wat saam met my wil wees
En ek weet die aanslae van die duiwel hoef ek nie te vrees
Ek voel die hitte van die son wat die bloed in my are verwarm En ek weet negatiewe gedagtes sal my verarm
Ek hoor die skaterlag van my wonderlike man
En ek weet saam met hom is daar niks wat ek nie kan
Ek voel sy liefdevolle aanraking teen my vel
En ek glimlag om te laat weet dat hy my tevrede stel
Heer, danksy U liefde vir my kan ek U hierdie loflied sing
Dankie vir al die vreugdes en wonderwerke wat U bring

Posted in Gedigte.

Leave a Reply