Liefde

My hande omkelk jou glimlag.
Die punte van my duim volg jou liplyn.
Sagte woorde van liefde fluister ek in jou oor.
Die lig wat vanuit jou siel na jou kykers dring,
bring my hele wese tot oorgawe.
Die bekendheid van jou hardwerkende hande lĂȘ sag op my.
Jou grappies laat my krul van plesier.
Maar dis jou hartseer wat my gefokus hou.
Dis jou stiltes wat my tot smeekgebed dwing.
Met uitgestrekte arms omkring ek jou siel.
Met ‘n glimlag en niksseggende grappies trek ek jou nader.
Met afwagting hou ek jou fyn dop.
Elke klein gebaartjie, enkele gedagtes,
dis alles wat my ‘n ware glimlag bring.
Jy laat my liefdesliedjies sing.
Jou liefde vir my is wat my aan mekaar hou.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply