liefde is

Ware liefde

Liefde is ‘n glimlag wanneer jy die pyn in ‘n ander se oë sien Liefde is om deur dade en vertroue mekaar te dien
Liefde is om soms stil te bly al wil jy baie sê
Liefde is om soms reguit te sê wat jou hart wil hê
Liefde is om blindelings langs mekaar te loop
Liefde is om mekaar op te hef deur te hoop
Liefde is om ‘n handruk te gee wanneer woorde in jou mond stol Liefde is om aan mekaar aandag te gee al lyk die program vol Liefde is om verstaan dat alles nie net om jou gaan nie
Liefde is om te weet dat jy nie altyd al die antwoorde het nie Liefde is om jou vertoue op God te plaas
Liefde is om jou na werk na jou geliefde te haas
Liefde is om stil te word in jouself
Liefde is om soms dieper te delf
Liefde is om jou drome te mag deel
Liefde is om gelukkig met mekaar te speel
Liefde is om gelukkig te wees met wat jy het
Liefde is om op elkeen se goeie punte te let

Posted in Gedigte.

Leave a Reply