Lente

Ek sien die lente nader kom.
In die sagte kleur van ‘n nuwe blom.
‘N gogga’tjie wat van blaar tot blaar spring.
Die vrolike sang wat die kanarie sing.
Die pragtige fyn reënbogie in die môredou.
Dit, my vrind, is ‘n spesiale belofte vir jou.
‘N belofte vir ‘n nuwe en vars begin.
‘N tyd om oor nuwe, wonderlike dinge te besin.
Maak los daai glimlag wat aan jou mondhoek pluk.
Laat rol daai blydskaptraan wat jy so aan sluk.
Gryp die nuwe seisoen met ope arms aan.
Sit buite en droom oor die maan.
Volg die laaste gedroogte blaar in die stroompie af.
Klap jou hande, spring en dans, wees sommer net laf.
Die seisoen van liefde is weer hier.
Vir jou, vir my, vir elke plant en dier.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply