leer my

Leer my

Heer, hier staan ek voor U vanaand, my siel voor U oop
Leer my om U ten volle te vertrou, en te bly hoop
Maak my weer die mens wat U geskep het
Gesloop van valse bedoelings, op onbenullighede let
U het my ‘n wonderlike lewensmaat gegee om te vertroetel
Een waarom my hele wese draai en tol
Leer my weer hoe om te glo wat hy my vertel
Leer my om weer hatlik te lag as hy my bloed laat stol
Heer, maak my weer die goeie mens wat weet wat my doel is
Maak my weer die een wat luister as U na my roep, maak my stil U is die rede waarom ek vandag hier is
Bring weer in my lewe alleen U wil
Leer my om betyds deur mense te sien
En in neerderigheid U met liefde te dien
Heer, U ken die pad wat ek moet stap
Neem my hand, gee my die sielsvoedsel hap vir hap
Heer, hier is ek vanaand om U wil in my lewe te aanvaar
Beskerm my en my geliefdes van die onsienbare gevaar
Ek bid U seen oor die mense wat U nader bring deur my werke
Ek vra van U vanaand om aan U werke te stel, geen perke
Neem weg die onsekerheid wat my niks in die sak bring
En plaas pragtige woorde in my mond om aan U te sing
Ek bid U aanraking oor my werke in U naam
Ek bid U fluistering in my oor om te raam
Heer, U is die Lewende God wat ons naby hou
U is die enigste hoeksteen om op te bou
Dankie vir U liefde vir die mensekind
Dankie vir U aanraking in die môrewind
Dankie vir U oogknik in die sterre elke aand
Dankie vir U glimlag in die halwemaan

Posted in Gedigte.

Leave a Reply