Leer my

Heer, ek bid U om my hand te styf vas te hou. Leer my om staande te bly teen die magte van buite. Gee my die nodige krag om my ken hoog te hou. Heer, leer my om weer sag te word. U ken my tree, U weet die rigting van my weë. Heer, soms voel my kragte net te min, en die lewe het nie meer sin. Seën my pogings om nader aan U te kom. Heer, rig my voetval sodat ek ander na U kan lei. Heer, raak my siel aan en maak my rustig. Gee my weer ‘n rede om U tot lof te sing. Heer, sonder U aanraking kan ek nie eens asemhaal. Dankie vir U genade. Dankie Heer, dat U my, ‘n eenvoudige mens, gebruik in my alle daagse lewe. Gee my die nodige vertroue in myself om te wees wie U my gemaak het. Leer my om op te staan en U doel te verrig. Amen.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply