Leeg

Soms wanneer ‘n mens se siel leeg voel,
is omdat jy probeer jou doel vermy.
Soms staar jy so lank na dit wat nie joune is.
En dan, my liewe vriend gaan jou lewe verby.
Al lyk dit soms of dinge alles so verkeerd loop.
Jy mag nooit ophou hoop.
Alles is tydelik op aarde.
Ek bid vir jou.
Heer, net U weet wat elkeen van hulle nodig het.
Heer, dankie dat U Jesus gestuur het om ons te red.
Dankie vir U genade.
Maak jou hart leeg van jou laste.
Vra Jesus om jou in Sy skadu te hou.
Gee oor aan Hom.
Haal diep asem.
Voel Sy nabyheid in die wind.
Hoor Sy fluisterstem in die stilte van die vroeƫ oggenduur. Roep Hom aan.
Soek na Hom.
Weet Hy is daar.
Weet Hy erken jou roggelgebed as ‘n smeekgebed.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply