Langs jou

In stilte klink ons voetval gelyk
op die ritme van ‘n vreemde dans
soms laat jy my vinnig draai en ek voel of ek wil omval
Soms tel jy my hoog op in die lug,
my liggaam voel so lig en vry
Sorgeloos laat jy my lag van pure plesier
Wat kan ek vir jou doen ?
Voel jy ook die geluk wat deur jou are vloei ?
Ons spore op die nat sand word vinnig deur die branders weggevee. Gaan jy ons saamwees oomblikke ook so vinnig vergeet?
Of gaan dit verder groei soos die boom waarin ons name gegraveer is? Die koel sand onder my warm liggaam onthou my dat jou liefde deur my vloei Die blink van die sterre is die telraam van ons gedeelde sekondes. Elke tree wat jy voor my uitloop laat my voorentoe kyk.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply