Laaste ure

Soos die laaste ure van 2012 af tik jeug my siel.
Nog ‘n wonderlik en geseënde jaar is verby,
waarin die Here my bygestaan het, en vir my baklei.
Nog ‘n jaar is tot my lewe toegevoeg waarin ek ander na Hom kan bring. Heer, ek bid vir ons land en ons nasie.
Ek bid dat 2013 ons nader sal bring aan mekaar.
Ek vra dat U die mese sal seën met U teenwoordigheid.
Ons dryf weg van die een ding wat ons die nodigste het.
Ons geloof in U maar ook ons geloof in ons medemens.
Heer, daar het baie dinge gebeur in 2012.
Somiges goed en ander seer.
Wrede dinge maar beslis ook wonderwerke.
Vir my en my geliefde was dit net ‘n geseënde jaar.
Heer, hou ons nog saam in U liefde in 2013.
Heer, dankie dat ons nog aan U kan vashou.
Dankie dat U getrou is.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply