Laaste gedagte vir die dag 8 Junie ’17

Via Ria Thorpe 

??Laaste gedagte van die dag. ??Heb. 11:1,3. Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van dinge wat ons nie sien nie … Omdat ons glo, weet ons … die sigbare dinge het dus nie ontstaan uit iets wat ons sien nie.?? Hoe sien jy jouself? Hoe kyk jy na die wereld om jou, en na die lewe? Ek ken hele paar mense wat sukkel om van hulself te hou. Hulle ly aan ‘n minderwaardigheids kompleks. Om geloof te he, is om na die wereld te kyk met die bril van God se liefde. Sy bril van liefde, vergewensgesindheid, hoop, en nog baie meer. Ons taak in die lewe is om na ander te kyk met God se lig (oe). Geloof is die vermoe om anders te sien, soos die Vader ons sien. Kyk na jouself, en sien soos Hy jou sien. Hy sien ons as geliefde kinders, en het ons oneindig lief. Boonop is die wereld en die toekoms in Sy hand. Geloof is om jouself en die wereld anders te sien , soos ‘n otwikkelaar na ‘n stuk grond kyk, en sien in sy gedagte hoe die ontwikkeling gaan lyk. ????. Onse Vader, gee vir ons geestesoe om met U bril van hoop te kyk. Om U in ons toekoms raak te sien, en met verwagting vooruit te kyk. Here U het vir ons ‘n beter lewe vorentoe, wees ons genadig dat ons dit sal beerwe. Dankie Here vir die Salige hoop, en U liefde. Amen ??? Geruste aand, lekker slaap met die wete dat Sy engele oor jul waak. Jesus seen u. ??

Posted in Gedigte.

Leave a Reply