Kruistog

Verskeur tussen wat Hy moet doen en wat Hy wil.
Hartverskeurende stemme wat om Hom gil.
Haat van mense wat Hom nie ken.
Hul woorde “Kruisig Hom” wat Sy hande aan kruis vas pen.
Die langpad na ‘n wrede dood.
Maar Hy moes dit doen, dis deel van God se Woord.
‘n Houtkruis, eintlik vir ‘n moordenaar, bedoel,
moes op Sy skouer rus, kan jy dink hoe Hy moes voel ?
Sy ma en broers, verskeur en stukkend,
“Waarom Hy? Wat het Hy verkeerd gedoen ?”
Jesus, leer ons om ook so na God te luister.
Help ons om Sy liefdes woorde te hoor as Hy fluister.
Dankie, Here Jesus, dat U dit alles vir my deur gemaak het.
U hande is met spykers deurboor,
“Kruisig Hom, kruisig Hom” uit die mond van ‘n onwetende koor. Min het hulle besef wat hul woorde vir mensdom beteken.
Op die berg, in donker gehul.
‘n Opdrag en wonderwerk deur God vervul.
Uit die dode weer opgewek, vir my en jou.
Geen twyfel aan God se trou.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply