Kruistog

Kabbel

Die water kabbel teen die kant van niks.
‘n Onsigbare lyn hou dit terug.
Eenkant kom die kwikstertjie nader gestap.
Hy verlustig hom aan ‘n goggatjie wat, onbewus, sy laaste sprong gee. Die son skyn op my vel, en verkleur dit effe.
Ek voel die wind wat deur my hare waai.
In jou oë sien ek die ou bekende, vêraf blik.
Dis oomblikke soos die wat ek wil onthou.
Jou glimlag wat jou hele gesig ophelder.
Die stilte tussen ons, twee sielle wat mekaar kon vind en hou. Die woorde wat nie nodig is om te sê.
Jou liefde is in dade in my hart belê.
Dis hierdie tye wat ek wil onthou.
Die gelukkige stilte, die water want naby kabbel, die roep van ‘n visarend. Ons spesiale oomblikke saam.
Heer, dankie vir ‘n man soos Neels.
Sonder hom was ek ‘n heel ander mens.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply