Kosbaar

Kosbaar soos die liefde self,
kosbaar soos die hitte van die son op ‘n koue dag
kosbaar soos ‘n van ‘n geliefde as jy hartseer isn
so, My lieflingskind, is jy vir My
‘n Kans om ‘n persoonlike verhouding met My te hê
‘n Geleentheid om jou hartseer vir My te gee
‘n Geleentheid om vir jou geliefdes te bid
dit, pragmens, gee Ek jou want jy is kosbaar vir My.
Al dink jy soms jy is nie waardig om My kind genoem te word nie al voel jy soms so eensaam op jou weg al lyk jou pad soms so vol slaggate al dink jy soms die hele wêreld is teen jou
wees nie bevrees, My geliefde kind, Ek is met jou.
Vir My is jy kosbaar soos ‘n kind se eerste tree.
Vir My is jy kosbaar soos ‘n jong bokkie wat sy eerste aanslag deur ‘n leeu oorleef het. Vir My is jy kosbaar soos die eerste reën wat val na die droogte. Wees dan tog nie bevrees oor die dag wat volg.
Hou jou doof teenoor die wat jou verneerder.
Vergeef jouself want Ek het dit reeds gedoen.
Jy is My geliefde kind en daarom is jy kosbaar.
Gaan nou in vrede en wees wie Ek jou geskape het om te wees.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply