Kom rus

Kom rus hier onder my skadu
leun met jou moeƫ rug teen my stam
As jou voetval wankel en jy struikel,
maak jou gemaklik in die sagte mos
Laat jou ore luister na my ritsel fluistering
Jy, wat so kosbaar is vir my, kom rus in my intieme stilte
Sien my skimbeeld al om jou beweeg
en weet dat ek altyd by jou is
Voel my sagte aanraking deur die blare wat jou toevou en beskerm Sien my glimlag in die skadu beelde om jou
Elke boom wat op jou voetpad staan is ‘n ruskans as jy moeg is Skree jou seer teen die hemele uit en voel hoe daar plek kom vir vrede Wees rustig in my omarming
Staan sterk in jou eensaamheid en weet dat ek naby jou is
Deur my stilte kan jy ook rustigheid deur jou are en siel voel bruis

Posted in Gedigte.

Leave a Reply