Kom rus ‘n oomblik

Kom rus ‘n oomblik hier by My.
My kind, wat kan Ek vir jou kry ?
Kyk, hier is heelwat in My kosmandjie.
Sit rustig en haal af daardie wurgbandjie.
Maak toe jou moeë oë,
Kyk, jou hulp kom van bo.
Raak rustig en voel My teenwoordigheid.
Die trane oor jou wang is van My eie pyn.
Ek reik uit na jou, My kind.
Vat die hand van ‘n behulpsame vriend.
Hoor My woorde van vertroosting.
Wees bewus van My omhelsing.
Kom rus hier teen My bors.
Hoor My rustige asemhaling.
Laat die stroom jou hartseer saam vat.
Laat die ligte briesie jou probleme wegwaai.
Sit rustig hier onder die wilgerboom.
Wees nie bevrees nie, Ek is by jou.

Posted in Gedigte.

One Comment

Leave a Reply