Kom nader

Jinne mens, kom nader. Kom sit hier by my. Maak jou oë toe vir ‘n wyle en haal eers net diep asem in. Kry alles uit jou gestel sodat jy kan luister. Word bewus van God se nabyheid. Soms is die pad wat vir ons bepan is, nie te maklik nie. Soms verlaat geliefdes ons op die onverwagste tyd. Soms word ons hele lewe onherroeplik verander. Maar byt net vas. Staan vas in jou geloof. Onthou, die Here verlaat ons nooit. Net soms voel dit asof alles net verkeerd gaan. Maar bly bid in geloof. Bid vir ander. Vergewe jouself, onthou Jesus wag vir jou. Hy’t in jou plek gesterf sodat jy kan opstaan. Raak rustig. Fokus op die positiewe. Kyk net voor jou, want die Here ken reeds jou verlede. Hy weet van jou seer. Praat met Hom en Hy sal jou antwoord. Amen

Posted in Gedigte.

Leave a Reply