Kolos

Hier staan jy, eensaam en tog kolos.
Langs die pad en jy beleef so baie.
Jy sien die vreugde en hoor die laggende stemme.
Maar vra iemand jou ooit om ‘n grap te vertel ?
Jy hoor die hartseer van iemand wat in jou koelte kom huil. Maar vra iemand jou waarom jy in die reën huil ?
Jy sien wanneer ‘n vrou bly is wanneer haar geliefde by jou stop en vra om te trou. Maar waar is jou maat dan nou ?
Ek bewonder die bas wat jou omvou.
Ek bewonder jou vir die dag en nag wat jy hier staan.
Al is dit hoe warm.
Al het jou blare geval van die koue.
Jou wortels gaan diep af in die grond om jou te voed.
Jy is ‘n hero in my oë.

Amanda Boucher
0837928163
www.waterstrome.co.za

Posted in Gedigte.

Leave a Reply